Voëlgriep nou ook in Oos-Kaap

Landbou / Nuus / Voëlgriep nou ook in Oos-Kaap


Hoenders.

Foto: www.en.wikipedia.org

Voëlgriep nou ook in Oos-Kaap

Deur Carien Kruger
14 September 2017

328 keer gelees

Voëlgriep is nou ook in die Oos-Kaap gevind.

Die hoogs aansteeklike H5N8-voëlgriepvirus is by ʼn lêhenhuis van Sovereign Food Investments gevind.

Die maatskappy sê die betrokke plaas is deel van sy breër Uitenhage-bedrywighede.

Sowat 5 000 hoenders is van kant gemaak, wat sowat 1% van Uitenhage se produksiepyplyn verteenwoordig.

“Sovereign Foods se bestuur doen die gepaste stappe en volg die voorgeskrewe protokols om te keer dat voëlgriep na ander plase versprei.”

Die groep se Hartbeespoort-bedrywighede in Gauteng is nie geraak nie.

http://www.landbou.com/nuus/voelgriep-nou-ook-in-oos-kaap/

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Please type the characters of this captcha image in the input box

Please type the characters of this captcha image in the input box

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>