Wildebedryf is raadop oor M99-tekort

image

“ ’N MEDISYNEMAATSKAPPY wat daarin spesialiseer om doelgerigte dieremedisyne saam te stel, waarsku dat regulasies wat die invoer van sekere bestanddele in verdowingsmengsels beperk, verreikende gevolge vir die wildbedryf kan inhou.

Mnr. Johan Oosthuyse, uitvoerende hoof van V-Tech in Midrand, sê die regulasies wat in 2013 ingestel is om aan die internasionale vereistes vir die hantering van sekere middels te voldoen, maak dit byna onmoontlik om die bestanddele wat hulle vir doeltreffende verdowingsmengsels nodig het, in te voer.

Oosthuyse meen dit kan ‘n nadelige ekonomiese impak op die hele wildbedryf hê en waarsku dat wildboere en wildvangers uit desperaatheid nou terugkeer na verouderde vangmetodes, soos nette.

Hy sê tot en met 2013 kon veeartse en medisynemaatskappye, soos V-Tech, doelgerigte mengsels maak wat diere doeltreffend on neutraliseer sodat hulle veilig gevang, hanteer en verskuif kon  word.  Dit is volgens hom byna onmoontlik om aan die Department van Gesondheid se medisynebeheerraad (MCC) se bykomende vereistes te voldoen en nou kan maatskappye nie permitte kry om mengsels te vervaardig nie.

 

ETORFIEN

Dr. Peter Obeem, direkteur van Afrivet en adjunkvoorsitter van Wildbedryf SA, bevestig dat die regulasies probleme in die wildbedryf veroorsaak.

Hy verduidelik die plaaslik vervaardigde M99 die voorkeurmiddel vir die neutralisering van wild is. Daar word egter nie genoeg van die produk vervaardig om in die behoefte te voorsien nie en daarom het veeartse hulle tot mengsels gewend wat op woorskrif gemeng word.

Al hierde mengsels maak egter op die selfde aktiewe bestanddeel, etorfien, staat. Dit is ‘n verdowingsmiddel wat 1 000 tot 3 000 keer sterker as morfien is.

Dr. Joey Gouws, registrateur van medisyne by die Medisynebeheerraad, sê die regulasies is genoodsaak deur die hoë risiko’s wat dit vir mens en dier inhou.

“Een klein druppeltjie is genoeg om ‘n mens heeltemal te neutraliseer, net soos ‘n bok wat met ‘n pyl geskiet is. Ons moet ook seker maak dat die middels wat aan veeartse en boere beskrikbaar  gestel word, nie onsuiwerhede bevat wat nadelige gevolge vir die diere kan inhou nie,” verduidelk sy.

 

PANEELKISSIE

Gouws sê dit is belangrik dat boere en veeartse weet wat die newe-effekte van middels is en dat daar duidelikheid is oor hoe om die middel te administreer en te bêre.

“Ons moet byvoorbeeld weet hoe temperatuurskommelings die middel raak. Wat gebeur as dit ‘n dag lank in ‘n warm bakkie se paneelkissie gelê het?”

In die geval van geregistreerde medisyne word al hierdie inligting in die voubiljet vervat. “Die voubiljet is die medium waardeur die medisynebeheerraad met die verbruiker kommunikeer en ons navorsingsresultate en waarskuwing aan hulle oordra.

“Wanneer medisyne op voorskrif vermeng word, word hierdie navorsingsproses omseil.

“Die raad kan dus nie pa staan vir sulke medisyne nie en kan nie die verbruiker beskerm nie,” sê Gouws.

Sy is egter bewus van die wildbedryf se frustrasies en sê die raad is in die proses om streng riglyne vir die vermenging van produkte met etorfien op te stel. Maatskappye sal dan permitte kan kry om mengsels aan die wildbedryf te werskaf” – Jasper Raats

 

Published in Landbouweekblad

http://www.landbou.com/jongste-landbouweekblad/lbw-27-januarie-2017/

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Please type the characters of this captcha image in the input box

Please type the characters of this captcha image in the input box

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>